Duisend-en-een lekker Afrikaanse woorde

Updated: Oct 8


Afrikaans Language Monument

Ek het hierdie lys van 1,001 lekker Afrikaanse woorde oor die afgelope paar jare saamgestel soos wat hulle by my opgeduik het. Geen woordeboeke is geraadpleeg nie (where’s the fun in that?) – dis meesal woorde wat in my “self-talk” deur my kop gevlieg het, en ander is bygedra deur mense vir wie ek van tyd tot tyd van die lys en haar etos vertel het. My vriend Wessel du Preez, ‘n boorling van Salieshoek, het ‘n entoesiastiese medewerker geword toe die lys nog in haar groeifase was.


Toe die lys die sielkundige teiken van 1,001 woorde bereik het (op Saterdag, 8 Oktober, in die Jaar van Onse Here 2022), het die benadering verskuif na gehalte eerder as veelvuldigheid. Dus, wanneer 'n nuwe woord in aanmerking kom, moet dit lekker genoeg wees om 'n bestaande woord op die lys uit die kussings te lig. Dis 'n moerse verantwoordelikheid, maar ek is bereid om dit op my skouers te neem.


Ek wil ‘n sekere mate van dissipline en skaarsheid handhaaf, so die kriteria vir ‘n woord om dit tot op die lys te maak, is dat dit ‘n enkele woord moet wees, dat dit lekker in die mond moet lê, en dat daar geen etimologiese verband met die Engelse vertaling daarvan moet wees nie. Niks teen Engels nie – dis bloot ‘n filter om die lys as geheel ‘n Afrikaanse karakter te gee. Dus, hoewel ek mal is oor ‘n woord soos “kwaksalwer”, is dit duidelik etimologies verwant aan “quack”, terwyl “verwurg” geen so ‘n verwantskap met “strangle” het nie. En lekker uitdrukkings soos “die aap uit die mou laat” is nie ‘n enkele woord nie, so dis dalk iets vir ‘n ander lys.


Daar is ook hoogs subjektiewe en lukrake redes vir die uitsluiting van sekere woorde. “Kletsrym”, byvoorbeeld, is nie op die lys nie, want dit het vir my so ‘n walmpie van ‘n taalpuristiese nuutskepping – rap is fokken rap.


Die mees onlangse toetrede(s) tot die lys is in blou.


Aamborstig, Aandklokreël, Aandurf, Aangeklam, Aanhef, Aanhits, Aanklagkantoor, Aanmatigend, Aanpor, Aanstons, Aanstootlik, Aarsel, Aartappelskyfies, Afgunstig, Afjak, Afknou, Afkraak, Afransel, Afrokkel, Afskrikmiddel, Afskuwelik, Afstammeling, Afstrykprent, Aftjop, Agterbaks, Agterstewe, Agterstoep, Akkedis, Aktetas, Aljimmers, Allamapstieks, Allerhoogste, Argwaan, Armblanke, Armlastig, Armsalig, Asjas, Askoek, Aspris, Assegaai, Aweregs


Baaibroek, Baanbreker, Baarmoeder, Baber, Baggerboot, Baklei, Bang, Bangbabbelaas, Barensnood, Barmhartig, Beampte, Bedagsaam, Bedieningsluik, Bedrieglik, Bedroef, Bedruip, Bedrywig, Beeldhouwerk, Beeldradio, Beesmisvloer, Begeesterd, Beheerliggaam, Behendig, Behep, Bekwaam, Belastinggaarder, Bemanning, Bendehuisie, Beoordeelaar, Bergagtig, Bergie, Beroerte, Beskonke, Beslommernis, Bestyg, Beswadder, Beteuterd, Betrag, Beurtkrag, Beuselagtig, Bevalling, Bewerkstellig, Bielie, Bittereinder, Blaasbalk, Blatjang, Blindederm, Blitspatrollie, Bloedskande, Blokfluit, Blokkiesraaisel, Blouviterjoel, Bobbejaantou, Boedelberedderaar, Boeglam, Boekevat, Boekstaaf, Boemelaar, Boepens, Boereraat, Boeretroos, Boereverneuker, Boetedoening, Bondgenoot, Boomgom, Boorling, Booswig, Boskasie, Bossies, Boude, Braaksel, Braaibroodjie, Brakkie, Brandarm, Branderplank, Brandsiek, Brandstapel, Brandstof, Brandwag, Brandweerwa, Briesend, Broederbond, Broedertwis, Broekieskouse, Broekskeur, Bromponie, Bronstig, Bruismeel, Buideldier, Bulder, Bullebak, Buustelyfie


Daggawalm, Dagsê, Dampkring, Dawer, Deernisvol, Deftig, Denkbeeldig, Desnieteenstaande, Deugniet, Deurspek, Deurtrekker, Diensmaagd, Dienspligtige, Diereryk, Disnis, Dobbelstene, Dobber, Doedelsak, Doedie, Doelwagter, Domastrant, Domkrag, Doodstraf, Dooierus, Doolhof, Dorsmasjien, Draadtrek, Dragtig, Drankwinkel, Drel, Drentel, Drinkebroer, Droefgeestig, Drogbeeld, Drol, Drommel, Dronkverdriet, Droster, Druipeling, Druis, Dubbelsinnig, Dut, Dwaalleer, Dwangbuis, Dwarrel, Dwarsklap, Dwarstrekker, Dweep, Dwelmmisbruik


Eensklaps, Eerlikheidsmisdaad, Eetgerei, Eienaardig, Engtevrees, Enkelpenkruishout, Erfgenaam, Ergernis, Etter, Eweneens, Ewentwil


Fakkel, Feeks, Fiemies, Fieterjasies, Flankeer, Flater, Flenters, Flikvlooi, Floreer, Fluks, Flussies, Foeter, Fopdosser, Fopspeen, Frokkie, Fyndraai, Fynproewer Gabba, Gasheer, Gatkruip, Gatvol, Gebeurlikheidsplan, Gebroedsel, Gedagtewisseling, Gedrog, Geestesoog, Geesvang, Gekletter, Gekonfyt, Geloofwaardig, Gemoedsrus, Geneesheer, Geniepsig, Genugtig, Gepeupel, Gereedheidsgrondslag, Gereedskapkis, Gesalfde, Gesondheidsorg, Gespuis, Gietergat, Ginnegaap, Glibberig, Glips, Gloeilamp, Gogga, Gomtor, Gons, Gordelroos, Gorrelpyp, Gots, Gramadoelas, Grapkas, Grasperk, Grensgeval, Grimeermiddel, Groepswoeps, Grofgeskut, Grondbesetting, Grondwet, Grootdoop, Grootpouse, Gulhartig, Gulp, Gulsig, Gunsteling Haasbek, Haglik, Halslyn, Halsmisdaad, Halsoorkop, Halstarrig, Handgemeen, Handhaaf, Hanskakie, Hanswors, Hardekoejawel, Hardepad, Hartstogtelik, Hasepad, Hawermoutpap, Hemelruim, Hensopper, Hersenskim, Hierjy, Hinderlaag, Hindernisbaan, Hoenderkop, Hoepelbeen, Hol, Holderstebolder, Hondsdolheid, Horrelpoot, Horries, Hotagter, Hotklou, Huigelaar, Huisgodsdiens, Huismoles, Humeurig, Hunker, Hupstoot, Huweliksberader, Hygfliek Iedereen, Iesegrimmig, Ietermagô, Immers, Ingenome, Inhuldigingsplegtigheid, Inkennig, Insypelaar


Jaagduiwel, Jags, Jammerlappie, Japsnoet, Japtrap, Jeugsangbundel, Jolliepatrollie, Jubel, Jukskei


Kaalgat, Kaartmannetjie, Kabouter, Kafoefel, Kaggel, Kaiings, Kajuitraad, Kakbyt, Kakiebos, Kaksleg, Kakspul, Kalenderpes, Kamerverlaat, Kanselkleed, Kanniedood, Kanonskootafslaan, Kapokaartappels, Kapot, Kapsel, Kardoes, Karnuffel, Karwats, Kaskenades, Kastaiings, Katel, Katkisasie, Katools, Katswink, Kattebak, Kattekwaad, Kernkragsentrale, Kettery, Keurspel, Kieliebak, Kiertsregop, Kinderkrans, Kindsbeen, Kispak, Kitskosketting, Klaaglied, Klaasvakie, Kleefmyn, Kleilat, Kleinburgerlik, Kleingeweervuur, Kleinhoewe, Kleinpouse, Kleinsakeonderneming, Kleintongetjie, Klets, Klikbek, Klimraam, Klimtol, Klingel, Klinknaelbroek, Klipkop, Klits, Kloekmoedig, Klopdisselboom, Klos, Klouterdief, Klug, Kluisenaarsbestaan, Knaldemper, Knak, Knapgedaan, Knapsakkêrel, Knaters, Kneg, Knerts, Knetter, Kniehalter, Knieserig, Knoffelasem, Knopkierie, Knormoer, Knuffel, Knuppeldik, Knus, Koddig, Koeksister, Koekstruif, Koëlvas, Koester, Koggel, Kokkedoor, Kolfbeurt, Kolwyntjie, Konkel, Konyn, Koordverweel, Kopkussing, Kordaat, Korrelkop, Kortkop, Kots, Kraamrok, Krabberig, Kragaap, Kramdrukker, Kranksinnig, Krieseltjie, Kroegdame, Kroekspul, Kronkel, Kruideniersware, Kruisbestuiwing, Kruisskyf, Krulkop, Kudde, Kug, Kunsbeen, Kurktrekkerlopie, Kussingsloop, Kwaadaardig, Kwaadgeld, Kwaadkat, Kwaaijongstreke, Kwaal, Kwansuis, Kwas, Kweperlat, Kwispel, Kwytskeld


Laagvat, Laatlammetjie, Lafenis, Laksman, Lamlendig, Lamsak, Langboompies, Langsamerhand, Langspeelplaatversameling, Laspos, Lasterlik, Laventelhaan, Leedvermaak, Leerkrag, Leërskare, Leibeurt, Lendelam, Lessenaar, Letsel, Lettergreep, Lewensvatbaar, Leweransier, Liefdesdaad, Liefkoos, Liegbek, Lieplapper, Ligsinnig, Linkerregoppaal, Listig, Loodswaaier, Loopgraaf, Losbandig, Losgemaal, Losieshuis, Lugdrukboor, Lugwaardin, Luislang, Luistervink, Lukraak, Lummel, Lunsriem, Lyfarts, Lyfband, Lyfnatmaak, Lykbesorger, Lynregter


Maaifoedie, Maandstonde, Maermerrie, Makietie, Makker, Mallemeule, Manelpak, Manewales, Mangelontsteking, Manteldraaier, Maplotter, Marakas, Matroos, Mengeldrankie, Mensvreter, Middelpuntvlietend, Miltsteek, Miskraam, Moedswillig, Moegoe, Moerig, Moffie, Mohamedaan, Moker, Moltrein, Mombakkies, Mondering, Moondheid, Moordbende, Morsjors, Motorhawe, Murasie, Murmel, Muurblommetjie


Naai, Naandsê, Naarstiglik, Nabetragting, Naboots, Nadors, Naellak, Naelstring, Nagmaal, Nalatenskap, Narkotiseur, , Negosiewinkel, Net-net, Neuk, Neurie, Noop, Nootvas, Noppies Oënskynlik, Oerknal, Offergawe, Oksel, Omgesukkeld, Omkapmasjien, Omroeper, Onbenullig, Onbevoeg, Onderduims, Ondernemingsgees, Onderonsie, Onderskraging, Onderwyser, Ongehuud, Ongeluksvoël, Ongeoorloof, Onhebbelik, Onheilspellend, Onherbergsaaam, Onnosel, Onomwonde, Onsamehangend, Onstuimig, Ontboesem, Ontgaan, Ontglip, Ontgroening, Onthoof, Onthuts, Ontketen, Ontlasting, Ontploffing, Ontpop, Ontsmettingsmiddel, Ontsnappingspoging, Ontugwet, Oogklappe, Oogopslag, Oordeelkundig, Oordeelsvermoë, Oorlogsmisdaad, Oorrompel, Oorskiet, Oorstootdrie, Oorveeg, Oorverdowend, Oorweldigend, Oorwinningskreet, Ootmoedig, Opduik, Openbaring, Opgesmuk, Opkeil, Opoffering, Opsitkers, Opslagbal, Opslagkoël, Opstopper, Orrelpypies, Oudag, Oujongkêrel, Oumagrootjie, Overgesetsynde, Owerheid


Paaiboelie, Paaltjiewagter, Paddaboutjies, Paddaslagter, Padkafee, Padkos, Pakesel, Pakslae, Pankop, Pantoffelregering, Papawer, Papegaai, Papkoejawel, Paraat, Parmantig, Patryspoort, Penningmeester, Perdfris, Petalje, Peusel, Peuter, Piel, Pieperasies, Pierewaaier, Piesang, Pinksterdiens, Pittig, Plaasjapie, Plafon, Plakkerskamp, Plakkie, Plassie, Platlêskoffel, Pleegsorg, Plegtig, Plettervat, Pligsgetrou, Plofstof, Plooi, Plotseling, Pluimvee, Pluiskeil, Poenskop, Poep, Poesplaas, Poets, Polfyntjie, Polshorlosie, Potsierlik, Pragtig, Pram, Preekstoel, Prewel, Proefkonyn, Pruimtwak, Prulskrywer, Pryk, Puik, Puisie, Puntenerig, Putlatrine, Pylgeweer, Pypkan, Pypsteelerf


Raadgewer, Rakker, Rammelkas, Rampokker, Rangeerwerf, Rapportryers, Rasper, Rathefboom, Regbyskeidsregter, Regsgeleerde, Regterregoppaal, Reguitlinkerhou, Rekenmeester, Relletjie, Renons, Reukweerder, Ridder, Riel, Riemspring, Ringsitting, Rinkink, Rissiepit, Ritteltits, Roem, Roepstem, Roesemoes, Rokershoesie, Rolprent, Rommel, Rompslomp, Rondborstig, Rondloperhond, Roofkyk, Roudiens, Ruimskoots, Ruiterlik, Rukstopveiligheidsgordel, Rusbank, Ruspe, Ryloper


Saadstorting, Sakkeroller, Sakrekenaar, Samehorigheidsgevoel, Sarsie, Seerower, Segsman, Selfbevrediging, Sendeling, Senutergend, Sielkundige, Sinkplaatpad, Skaamhare, Skaamheuwel, Skalks, Skamel, Skarrel, Skedonk, Skeet, Skemerkelkie, Skepskop, Skeurbuik, Skietgebed, Skilpad, Skirminkel, Skobbejak, Skoeisel, Skoenlapper, Skollie, Skomgat, Skommelstoel, Skoolsit, Skoorvoetend, Skopfiets, Skoppelmaai, Skrikbewind, Skuiftrompet, Skuimpie, Skurwejantjie, Slaapkamerparlement, Slagyster, Slapbandboek, Slapgat, Slimstreke, Slinger, Slinks, Sloeg, Slordig, Sluikhandel, Sluipmoord, Slukderm, Smag, Smee, Smeek, Smokkelkroeg, Smulpaap, Snak, Sneesdoekie, Sneuwel, Snoepie, Snik, Snotkop, Snuisterye, Snuiter, Soebat, Sommer, Southappie, Soutpiel, Spaarsamig, Spandabelrig, Spangees, Spartel, Speenvarkie, Spekskiet, Spervuur, Spiekeries, Spiertier, Spitsverkeer, Spoggerig, Spookasem, Spotgoedkoop, Sportmangees, Spreekbuis, Spruit, Spuitpoep, Spuitvliegtuig, Spyskaart, Spysvertering, Stilstuipe, Stippellyn, Stoeigeveg, Stoelgang, Stofsuier, Stommerik, Stootskraper, Strafdop, Strandverkleehokkie, Streepsuiker, Strompel, Strooijonker, Stroomversnelling, Struikrower, Strydbyl, Stuiptrekkings, Stuitig, Stywepap, Suigstokkie, Suip, Suis, Sukkelaar, Swaap, Sweefstoktoertjies, Sweisbril, Swernoot, Swetterjoel, Swierbol, Sypaadjie


Taalstryder, Takelwerk, Takhaar, Talm, Tameletjie, Tandheelkunde, Teëstribbel, Telg, Teregwysing, Terggees, Tierlantyntjie, Tjankbalie, Tjoepstil, Tjokker, Tjorts, Toebroodjie, Toegewyd, Toemaar, Toentertyd, Toeskietlik, Toeskouer, Toetrede, Toevoeg, Tokkel, Tokkelok, Toneelspeler, Toonbank, Toordokter, Torring, Towenaar, Traktaatjie, Tranedal, Transportryer, Trekklavier, Troefkaart, Trompoppie, Trompsnelheid, Tugtig, Tuinslang, Twakpraat, Tweegatjakkals, Twyfelagtig


Uilskuiken, Uitbasuin, Uitblinker, Uitgekuier, Uitlewer, Uitmergel, Uitskot, Uitspansel, Uitvaagsel, Uitverkore


Vagevuur, Vanselfsprekend, Varkdop, Vasmeer, Veerpen, Veerpyltjies, Vensterbank, Ventertjie, Verborge, Verbysterd, Verdedigingsbonusobligasies, Vereffen, Verfomfaai, Vergaap, Vergetelheid, Verheug, Verkiesingsbedrog, Verklap, Verkluim, Verkneukel, Verknies, Verknorsing, Verkramp, Verkwalik, Verkwansel, Verkwis, Verlosser, Vermorsel, Vermurwe, Verneuk, Vernuftig, Veroorloof, Verorber, Verpletter, Verpoos, Verruklik, Versmoor, Verstekeling, Verstout, Verstrooid, Versuim, Vertrouensverhouding, Vervlakste, Verwikkeling, Verwurg, Vieslik, Vlagparade (ek kots sommer), Vlakvark, Vlerksleep, Vlermuis, Vliegtuigkaper, Vloekskoot, Vloermoer, Voëlverskrikker, Voertuig, Voeter, Voetsek, Voetstoots, Volkome, Volksmond, Volksplanting, Volksvreemd, Volmaak, Vonkel, Voorbehoedmiddel, Voorland, Voorsitter, Voorspooksel, Voorstoep, Vooruitboer, Vorderingsverslag, Vraagstuk, Vraatsugtig, Vreesaanjaend, Vroetel, Vrugafdrywing, Vrypostig, Vuilgat, Vuilsiek, Vullisverwydering, Vuurhoutjies, Vuurpyl, Vuurtoring


Waansinnig, Waarborg, Waardevol, Wakkerskrik, Walglap, Wanhopig, Warrelwind, Waterfiskaal, Waterpas, Wederkoms, Weerbaar, Weerbarstig, Weglêsnor, Wegraping, Welriekend, Wemel, Werktuigkundige, Wilgerlatlyfie, Willewragtag, Windbuks, Wingerdgriep, Winkelier, Winkelpop, Winsbejag, Wipmat, Wipwaentjie, Wisselruitery, Wittebrood, Woeker, Woelwater, Wolhaarstorie, Wolkekrabber, Worshond, Worstel, Wraggieswaar, Wreedaardig, Wroeg, Wysneus


Yslik, Ysterperd, Ywerig


Zef, Zol


Picture credit: South Africa icons created by Freepik - Flaticon